Pat Lambie
Full names: Patrick
Date of birth: 17 Oct 1990
Place of birth: Durban
School: Michaelhouse
Springbok no: 820
Springbok debut province: Sharks
Physical: 1.77m, 86.0kg
Current age: 34
Test summary: Tests: 56 Tries: 2
First Test: 6 Nov 2010 Age 20 - Reserve against Ireland at Aviva Stadium (Lansdowne Road), Dublin
Last Test: 26 Nov 2016 Age 26 - Reserve against Wales at Millenium Stadium (Cardiff Arms Park), Cardiff
Test history:
DateAgePositionOpponentVenueResultScoreProvince
06 Nov 2010 20Reserve Ireland Aviva Stadium (Lansdowne Road), Dublin Win: 23-211 conversion Sharks
13 Nov 2010 20Reserve Wales Millenium Stadium (Cardiff Arms Park), Cardiff Win: 29-25  Sharks
20 Nov 2010 20Reserve Scotland Murrayfield, Edinburgh Lose: 17-21  Sharks
27 Nov 2010 20Reserve England Twickenham, London Win: 21-11  Sharks
23 Jul 2011 20Reserve Australia Stadium Australia, Sydney Lose: 20-392 conversions Sharks
30 Jul 2011 20Flyhalf New Zealand Wellington Regional Stadium, Wellington Lose: 7-40  Sharks
20 Aug 2011 20Full Back New Zealand Nelson Mandela Bay Stadium, Port Elizabeth Win: 18-5  Sharks
17 Sep 2011 20Full Back Fiji Wellington Regional Stadium, Wellington Win: 49-3  Sharks
22 Sep 2011 20Full Back Namibia North Harbour Stadium, North Shore City Win: 87-0  Sharks
30 Sep 2011 20Full Back Samoa North Harbour Stadium, North Shore City Win: 13-5  Sharks
09 Oct 2011 20Full Back Australia Wellington Regional Stadium, Wellington Lose: 9-11  Sharks
09 Jun 2012 21Reserve England Kingspark, Durban Win: 22-17  Sharks
16 Jun 2012 21Full Back England Ellispark, Johannesburg Win: 36-27  Sharks
08 Sep 2012 21Reserve Australia Subiaco Oval, Perth Lose: 19-26  Sharks
15 Sep 2012 21Reserve New Zealand Forsyth Barr Stadium, Dunedin Lose: 11-21  Sharks
29 Sep 2012 21Reserve Australia Loftus Versfeld, Pretoria Win: 31-8  Sharks
06 Oct 2012 21Reserve New Zealand National Stadium, Johannesburg Lose: 16-32  Sharks
10 Nov 2012 22Flyhalf Ireland Aviva Stadium (Lansdowne Road), Dublin Win: 16-121 conversion, 3 penalties Sharks
17 Nov 2012 22Flyhalf Scotland Murrayfield, Edinburgh Win: 21-101 conversion, 3 penalties Sharks
24 Nov 2012 22Flyhalf England Twickenham, London Win: 16-151 conversion, 3 penalties Sharks
08 Jun 2013 22Reserve Italy Kingspark, Durban Win: 44-101 conversion Sharks
15 Jun 2013 22Reserve Scotland Mbombela Stadium, Nelspruit Win: 30-171 conversion, 1 penalty Sharks
22 Jun 2013 22Reserve Samoa Loftus Versfeld, Pretoria Win: 56-232 conversions Sharks
17 Aug 2013 22Reserve Argentina National Stadium, Johannesburg Win: 73-13  Sharks
24 Aug 2013 22Reserve Argentina Estadio Malvinas Argentinas, Mendoza Win: 22-17  Sharks
07 Sep 2013 22Reserve Australia Suncorp Stadium (Lang Park), Brisbane Win: 38-12  Sharks
14 Sep 2013 22Reserve New Zealand Eden Park, Auckland Lose: 15-291 try Sharks
28 Sep 2013 22Reserve Australia Newlands, Cape Town Win: 28-8  Sharks
05 Oct 2013 22Reserve New Zealand Ellispark, Johannesburg Lose: 27-38  Sharks
09 Nov 2013 23Full Back Wales Millenium Stadium (Cardiff Arms Park), Cardiff Win: 24-151 conversion Sharks
17 Nov 2013 23Flyhalf Scotland Murrayfield, Edinburgh Win: 28-04 conversions Sharks
23 Nov 2013 23Reserve France Stade de France, Paris Win: 19-101 penalty Sharks
06 Sep 2014 23Reserve Australia Subiaco Oval, Perth Lose: 23-24  Sharks
13 Sep 2014 23Reserve New Zealand Wellington Regional Stadium, Wellington Lose: 10-14  Sharks
27 Sep 2014 23Reserve Australia Newlands, Cape Town Win: 28-101 try, 1 conversion, 1 dropgoal Sharks
04 Oct 2014 23Reserve New Zealand Ellispark, Johannesburg Win: 27-251 penalty Sharks
08 Nov 2014 24Reserve Ireland Aviva Stadium (Lansdowne Road), Dublin Lose: 15-29  Sharks
15 Nov 2014 24Flyhalf England Twickenham, London Win: 31-282 conversions, 3 penalties, 1 dropgoal Sharks
22 Nov 2014 24Flyhalf Italy Stadio Euganeo, Padua Win: 22-61 penalty Sharks
29 Nov 2014 24Flyhalf Wales Millenium Stadium (Cardiff Arms Park), Cardiff Lose: 6-122 penalties Sharks
18 Jul 2015 24Reserve Australia Suncorp Stadium (Lang Park), Brisbane Lose: 20-24  Sharks
25 Jul 2015 24Reserve New Zealand Ellispark, Johannesburg Lose: 20-27  Sharks
08 Aug 2015 24Reserve Argentina Kingspark, Durban Lose: 25-37  Sharks
15 Aug 2015 24Flyhalf Argentina Velez Sarsfield Stadium, Buenos Aires Win: 26-122 conversions, 3 penalties, 1 dropgoal Sharks
19 Sep 2015 24Flyhalf Japan Brighton Community Stadium, Brighton Lose: 32-342 conversions, 1 penalty Sharks
26 Sep 2015 24Reserve Samoa Villa Park, Birmingham Win: 46-61 conversion Sharks
03 Oct 2015 24Reserve Scotland St. James Park, Newcastle Win: 34-16  Sharks
17 Oct 2015 24Reserve Wales Twickenham, London Win: 23-19  Sharks
24 Oct 2015 25Reserve New Zealand Twickenham, London Lose: 18-201 penalty Sharks
30 Oct 2015 25Reserve Argentina Olympic Stadium, London Win: 24-13  Sharks
11 Jun 2016 25Flyhalf Ireland Newlands, Cape Town Lose: 20-261 penalty Sharks
01 Oct 2016 25Full Back Australia Loftus Versfeld, Pretoria Win: 18-10  Sharks
08 Oct 2016 25Full Back New Zealand Kingspark, Durban Lose: 15-57  Sharks
12 Nov 2016 26Flyhalf England Twickenham, London Lose: 21-372 penalties, 1 dropgoal Sharks
19 Nov 2016 26Flyhalf Italy Stadio Artemio Franchi, Florence Lose: 18-201 conversion, 1 penalty Sharks
26 Nov 2016 26Reserve Wales Millenium Stadium (Cardiff Arms Park), Cardiff Lose: 13-271 conversion Sharks

Pat Lambie: Albert Heenop

Die Babyface Assasin, Pat Lambie, verjaar vandag. Hy is maar 34 jaar oud en sou in 'n ideale wêreld nog kon speel. Spanmaats en afrigters het ewe veel lof vir Lambie, wat, as gevolg van gesondheidsredes, op 28-jarige ouderdom reeds sy stewels moes ophang.

Benewens sy ooglopende talent, is dit Lambie se rustige geaardheid wat vir almal uitstaan. Die voormalige Haai-flank Jacques Botes, wat die Curriebeker-rekord vir die meeste loopbaanwedstryde (156) hou, meen dat Lambie verstandig en volwasse ver bo sy jare was.

“Pat was iemand wat kalmte kon bring vir mense rondom hom en medespelers selfvertroue gegee het,” sê Botes. “Hy was ‘n speler vir die groot oomblik, met ‘n ongelooflike werksetiek en was ‘n ware rolmodel met sy voete plat op die grond.”

Antonie Claassen, seun van oud-Springbokkkaptein Wynand Claassen, wat self in ses toetse vir Frankryk uitgedraf het, was Lambie se mees onlangse spanmaat by Racing 92: “Dis nooit lekker wanneer ‘n ou met sulke talent móét klaarmaak nie, en dit op slegs 28,” erken Claassen. “Maar ‘n mens se gesondheid is belangriker, hy en Kate het ‘n kleintjie oppad gehad en jy wil jou kinders sien grootword. “Ek was van die begin af geweldig beïndruk met Pat. Hy het ‘n slim kop op sy skouers en het ongelooflike moeite gedoen om in te pas van dag een af. Hy’t byvoorbeeld in ‘n japtrap ‘n heel verstaanbare Frans bemeester. “Op die veld het hy kamte gebring en druk pla hom nie. Hy’t nie verniet 56 toetse gespeel nie, en het baie waarde toegevoeg by Racing. “Hy is natuurlik ‘n regte soutie, en omdat ek op Durban High School skoolgegaan het kon ek vereenselwig met die tradisionale Engelse opvoeding. Dit was nogal cool!”

Die voormalige Springbok-keurder en kampioen-afrigter van Natal in die Negentigerjare, wyle Ian McIntosh, het die feit dat beserings vir Lambie regdeur sy loopbaan gery het betreur. “Pat was ‘n ongelooflik talentvolle jong speler, maar ongelukkig het beserings hom telkens gekortwiek en daarom kon hy nooit deurentyd sy volle potensiaal verwesenlik nie. “Pat was egter altyd ‘n perfekte rolmodel en in daardie opsig het hy ‘n waardevolle diens aan die spel gelewer.”

Stefan Terblanche, wat kaptein was in 2010 toe die Haaie, met Lambie aan die spits, vir die WP met 30-10 afgestof het in daardie seisoen se Curriebeker-eindstryd, is van mening dat Lambie, ten spyte van sy beseringsprobleme, selfs meer as 56 toetse vir Suid-Afrika behoort te gespeel het. “Die Springbokafrigters gedurende sy tyd het egter partykeer ander idees gehad,” onthou Terblanche. “Dan was daar ook nog die kwessie van waar sy beste posisie was; op heelagter of losskakel? “Hoe dit ookal sy, Pat was ‘n fantastiese, kalm speler en dit het my altyd opgeval. Benewens kalmte, was hy ook van jongs af ongelooflik volwasse vir sy ouderdom; ‘n uitnemende jongman.”

Brendan Venter het die Haaie in 2013 afgerig, toe Lambie weer ‘n doring in die vlees van WP was in die Curriebeker-finaal. “Pat was ‘n besonderse speler, maar tog kon hy dit regkry om altyd met integriteit op te tree en alle mense met deernis te hanteer. Dit was ‘n voorreg om hom af te rig.”

Hoogtepunte:

20 Maart 2010
Lambie maak op 19-jarige ouderdom sy Superrugby-buiging vir die Haaie in Dunedin en speel ‘n sleutelrol in ‘n kritieke oorwinning van 30-16 oor die Highlanders.

30 Oktober 2010
Minder as twee weke na sy 20ste verjaarsdag verinneweer Lambie bykans eiehandig vir die WP in die Haaie se oorwinning van 30-10 in die Curriebeker-finaal. Benewens sy twee drieë en ‘n totaal van 25 punte, was die hoogtepunt van daardie eindstryd sy ‘onbeleefde’ afstamp van Schalk Burger, oppad na die eerste van sy twee drieë.

6 November 2010
Skaars ses dae na die Haaie se Curriebeker-triomf, maak Lambie sy toetsdebuut vir Suid-Afrika teen Ierland in Dublin, toe hy Morné Steyn in die 59ste minuut op losskakel vervang en vyf minute later sy eerste doelskop in groen en goud oorklits.

26 Oktober 2013
Lambie skop ‘n volgepakte Nuweland tjoepstil en sy bydrae van 23 punte, danksy ‘n doelskop, twee merkwaardige skepdoele en vyf strafdoele, lei nogmaals tot ‘n oortuigende oorwinning van 33-19 oor WP in ‘n Curriebeker-eindstryd.

27 September 2014
Met ‘n agterstand van 8-10 teen Australië op Nuweland en ‘n Springbokspan wat nie lekker op dreef kom nie, vervang Lambie na ‘n uur vir Handré Pollard op Nr 10 en swaai die hele gang van die wedstryd. Die kalm krulkop van die Haaie dikteer sake uitstekend vanaf losskakel en dra self ‘n skepdoel, drie en doelskop by tot die uiteindelike oorwinning van 28-10.

4 Oktober 2014
‘n Week later sink Lambie vir die magtige All Blacks met ‘n monster van ‘n strafdoel in die laaste minuut van hulle kragmeting op Ellispark. Sy suksesvolle poging van bykans 60m ver bied aan die Springbokke hul eerste sege teen die aartsvyand in drie jaar, en die reuse skare van 61,000 gaan mal!

15 November 2014
Lambie is nogmaals uitstekend in die Springbok-trui, dié keer op Twickenham waar hy die spil is waarom Suid-Afrika se oorwinning van 31-28 oor Engeland draai. Self slaag hy met ‘n twee doelskoppe, drie strafdoele en ‘n skepdoel, en lei sy slim steekskoppie tot ‘n onvergeetlike drie deur Cobus Reinach.

11 Junie 2016
Tragedie tref vir Lambie teen Ierland, toe hy hom in CJ Stander ‘vasloop’ en so uit soos ‘n kers op Nuweland se groen gras bly lê. Dis ‘n fratsongeluk wat weereens vir die Bok- en Haai-held vir etlike maande buite aksie stel, en waarskynlik tot sy voortydige uittrede aanleiding gegee het...