Botterbulletjie, 'n verskietende star, vroeg ryp, vroeg vrot, een van die swak keuses in 'n swak Springbokspan. Sy eie afrigter bet hom gestoot.
Die brandende en snydende rasperstemme moos by aanhoor nadat SuidAfrika in 1972 daardie toots op Ellispark teen Engeland verloor hat.
Vandag, byna drie jaar later, hat Nie Bezuidenhout, bulstut van Noord-Transvaal, sy kwaaiste kritici stil. Hy bet die storm oorleef en kry vandag die erkenning wat hy verdien.
Dit was 'n moeilike tyd daardie, gesels hy vandag. Saam met die ander jongmanne, Ray Carlson, Dawie Snyman en Piet du Plessis moes by die genadelose kritiek verduur.
"Ek het stilweg gesweer dat ek almal eendag verkeerd sou bewys. Ek het nog een kans gevra om myself en die kritici te oortuig. Dis'n lang pad boontoe, veral nadat selfs van die voorste rugbybeamptes jou uitgekryt het. Snaaks, ek het nogal gemeen dat ek redelik goed in my eerste toets gevaar het en baie ander het ook so gedink, maar van die bekendste administrateurs in die land het ons afgetakel. Ek het later gevoel dat ek die toets alleen verloor het," gesels hy vandag.
Die snerpende kritiek, die reguit woorde dat jy vrot was, dit laat diep wonde, al toon 'n mens dit nie altyd nie, het Nic gesels.
Soms was jy nie meer lus om jou beste te lewer nie, soms het jy aan ophou gedink, in daardie rigting gepraat, maar altyd was daar die mense wat jou gestut het, jou weer moed gegee het.
Die keerpunt het gekom op 'n dag toe by besluit het om hom nie langer aan iemand te steur nie. Net een doelwit het oorgebly - hy wou weer vir Suid-Afrika speel.
Die Leeus was sy doelwit en toe hy ook van die Junior Springbokke se B-span bevordering gekry het tot die A-span, het hy gemeen dis sy groot kans.
Die wedstryd teen Transvaal het egter weer 'n terugslag opgelewer toe Johan Strauss hom aanhoudend afgetrek het. Toe by daarna nie na die finale proefwedstryd op Nuweland genooi is nie, was by weer presies waar by in Junie 1972 was.
Hy was terug op moedverloor se vlakte. Die gedagte het in die agterkop bly maal dat die mense seker in 1972 reg was.
Die verrassing om vir die tweede toetsspan teen die Leeus gekies te word, was groot, maar nie oordonderend nie. Hy het sulke voëltjies gehoor fluit, maar dit nie meer geglo nie.
Die Springbokke is die dag verneder, maar vir hom was dit 'n keerpunt. Teen die geweld van die Britte het by staande gebly en goed gespeel. Almal was baie bitter oor die neerlaag, maar aan hom het die wedstryd iets gedoen.
Toe dieselfde beamptes wat hom in 1972 tot in die grond getrap het, ook met die derde toets in die Baai hulle houding jeens hom verander het, het 'n nuwe wêreld vir hom oopgegaan.
Die botterbulletjie het skielik 'n ysterbul geword. Die selfvertroue wat so lank in die modder was, het skielik teruggekeer. Nic Bezuidenhout het geweet dat hy oorwin het. Van daardie dag of glo hy in homself.
Hy het rede ook. In die skrums het by deurgaans die beste van die stryd teen Fran Cotton gehad, by het goeie spel gelewer en hy het hom gevestig as Suid Afrika se nommer een loskop.
In Frankryk het hy jou getoon dat sy plek in die toetsspan bespreek was en veral in die eerste toets hat by skitterspel gelewer.
Die beskeie 24-jarige vader van 'n dogtertjie en 'n aspirant-ouditeur sê dis 'n lang pad dié. 'n Man word nie maklik aanvaar nie. Jy moet jou staal toon voordat die mense daar bo aan jou glo.
Wat by wou gedoen bet, het hy volbring. Hy wou bewys dat Nic Bezuidenhout nie 'n verskietende ster is nie.
Teenslae soos 'n reeks beserings en fratsongelukke het hom dikwels byna moedeloos gehad. Verlede jaar het hy nie eens in die eindstryd om die Goue Beker gespeel nie.
Die beserings het veroorsaak dat by dikwels nie in die Ligblouspan was nie. Dit op sy beurt het aanleiding gegee tot 'n mening dwarsoor Suid-Afrika dat hy 'n gelukkige Springbok is.
Selfs na die vierde toets verlede jaar teen die Leeus toe by weens 'n rugbesering die veld moes verlaat, het alle Vrystaters volgehou dat Rampie Stander 'n beter slut is. Die mening is in baie ander dele van die land gedeel.
Sy groot toets was in Frankryk toe albei daar getoer het. Daar het Bezuidenhout alle twyfel uit die weg geruim.
Selfs provinsiale rugbyspelers wat daar vir wedstryde was, het vrae gevra. Die antwoord het deurgaans luid en duidelik van sy spanmaats gekom - Nic is loshande die beste van die twee stutte.
Waarom dan neem mense so lank om sy spel werklik op prys te stel? Die antwoord is dat te min mense die ware pligte van 'n goeie stut verstaan. Hoe lank het mense teen Mof Myburgh te velde getrek voordat hy die erkenning gekry het wat hy verdien het? Daarin lê die ganse antwoord opgesluit.
Wanneer hy voor vir Noord-Transvaal sak is daar 'n stewigheid wat andersins nie bestaan nie, het brig. Buurman van Zyl, bekende afrigter van Noord-Transvaal, op 'n keer opgemerk.
Sy skrumwerk, sy spel in die lynstane, in die losskrums, in die vaste los en soms, wanneer die spel losser is, in die los, getuig van gehalte.
Die een klagte wat nog geld is dat hy nie moordend genoeg is nie, maar die teenvraag is of Mof Myburgh moordend was.
Nic Bezuidenhout bet gekom om soos 'n ster vir jare aan die rugbykrans van Suid-Afrika te hang. Hy is 'n tweede Mof Myburqh, het 'n klompie ware kenners al opgemerk.
Die oë gaan dikwels stadig oop. Op die Franse toer het 'n Transvaalse keurder na die eerste toets aan my gesê: "Ek was verkeerd. Ek het altyd gemeen Bezuidenhout is 'n botterbulletjie. Ek trek alles terug, hy is 'n ysterman." Meer lof as dit kan niemand gee nie.
Gesels met Hannes Marais, kaptein van Suid-Afrika. Dit tref jou onmiddellik watter agting hy vir die jong reus het.
Bezuidenhuut was 'n vername onderdeel van die kern wat die toetse in Frankryk gewen het. Wanneer hy in die agttal was, was daar stewigheid. Dit was die vaste voorspelers wat Frankryk oorwin het.
In daardie vyf vaste voorspelers kan sy rol nie onderskat word nie. In die donker kookpot van geweld waarvan te veel mense te min weet, het die seuntjie van weleer soos 'n reus uit vorige eeue gearbei en help oorwin.
Na ses toetse is die Tukkie van 107 kg steeds op pad boontoe. Vir hom lê tien jaar van internasionale rugby voor. Is dit vir hom beskore om gereeld teen die bestes van ander lande kragte te meet, sal by onthou word saam met grotes soos Jaap Bekker, Chris Koch, Piet du Toit, Hannes Marais en Fanie Kuhn?
'n Slut speel die beste rugby van sy loopbaan vandat by 28 jaar oud is. Meeste word eers ryp vir provinsiale rugby op 25. Bezuidenhout het op 24 reeds ses toetse agter die blad.
"Almal het gesê dat ek te vroeg gestoot is. Dis snert. Vandag kan ek sê dat dit my gehelp het om, vinniger te ontwikkel, hoewel ek beserings opgedoen het. Tussen die ou bulle, moet 'n jong bulletjie gou leer of onder gaan" gesels hy.
Die moeilikste stut teen wie hy nog gespeel het, is beslis Johan Strauss, omdat dié sy teenstander voortdurend aftrek.
Die slimste is sy Tukkie-spanmaant Daan du Plessis. Hy is ook een van die sterkstes.
Fran Cotton het hom min moeite gegee en die Franse nog minder. Die kwaaiste teenstand wat hy nog gehad het, was in Noord-Transvaal se klub wedstryde, vertel by.
Hy het net een keer teen Hannes Marais gespeel en kan nie oordeel nie, omdat Hannes die dag in 'n agttel gespeel het wat oorskadu is.
Die beste stut met wie hy te doen gekry het is ook sy grootste leermeester "Daardie Ronnie Potgieter, daar was 'n stut. Hy het my baie geleer. Ek het nooit teen hom gespeel nie. Daarom kan ek nie oor hom gesels nie. Net teen hom by Tukkies geoefen."
Die ander man aan wie hy dank verskuldig is, is sy onderwyser op Delmas Hoër, mnr. Carl van Niekerk. Die was self 'n stut en het hom sedert standerd agt onder hande geneem. Geen wonder dat by as byna 'n volmaakte stut op Tuks aangeland het nie.
Nic gesels ook lekker oor hakers, die man wat die geheime met 'n losskopstut deel. "Daar was maar een in my klompie jare. Onthou, ek het een in 1972 vir Noord-Transvaal begin speel. In 1970 bet ek nog onder 20-rugby gespeel.
"Vir Piston van Wyk kon niemand klop nie . Dit was 'n losskop se droom om saam, met hom te sak. Ek moet sê dat Robert Cockrell my verstom bet in Frankryk."
Vir die Leeus het hy ook respek. Dis die beste agttal teen wie hy nog geskrum het, hoewel die Springbokke hulle in die laaste toets op Ellisperk onder gekry het.
Nic glo sy beserings behoort tot die verlede. Dis sy jare wat teen hom getel het. Hy is nou ryp en glo dot sy beserings hom nie weer sal kniehalter nie.
RUGBY - Maart 1975