Rampie Stander
Full names: Jacobus Casperus Johannes
Date of birth: 25 Dec 1944
Place of birth: Cape Town
School: Vanderbijlpark
Springbok no: 479
Springbok debut province: Orange Free State
Physical: 1.85m, 102.0kg
Date of death: 28 Aug 1980 (Age 35)
Test summary: Tests: 5 Tries: 0
First Test: 27 Jul 1974 Age 29 - Reserve against Britain at Ellispark, Johannesburg
Last Test: 18 Sep 1976 Age 31 - Loose-head Prop against New Zealand at Ellispark, Johannesburg
Tours France 1974
Test history:
DateAgePositionOpponentVenueResultScoreProvince
27 Jul 1974 29Reserve Britain Ellispark, Johannesburg Draw: 13-13  OFS
24 Jul 1976 31Loose-head Prop New Zealand Kingspark, Durban Win: 16-7  OFS
14 Aug 1976 31Loose-head Prop New Zealand Free State Stadium, Bloemfontein Lose: 9-15  OFS
04 Sep 1976 31Loose-head Prop New Zealand Newlands, Cape Town Win: 15-10  OFS
18 Sep 1976 31Loose-head Prop New Zealand Ellispark, Johannesburg Win: 15-14  OFS

Stander het in Vanderbijlpark gematrikuleer en by Maties gestudeer. Hy het in 1967 sy provinsiale debuut gemaak vir Westelike Provinsie en in 1972 Vrystaat toe geskuif. Daar was hy lid van 'n formidabele voorry, met die heelwat jonger Martiens le Roux, wat in 1980 Springbok geword het, wat die gereelde vaskop was. Hulle twee was dan ook die stutte, met kaptein Wouter Hugo tussen hulle, toe Vrystaat in 1976 die Curriebeker gewen het.

Stander het sy toetsdebuut in 1974 gemaak toe hy as reserwe vir Niek Bezuidenhout vervang het in die laaste toets teen die Leeus. Hy het ook later in al vier toetse teen die 1976 All Blacks gespeel.

Stander is oorlede op 28 Augustus 1980, op die jong ouderdom van 35, weens 'n aneurisme tydens 'n oefening. Dit was 'n donker week vir S.A. rugby - Chris Burger, W.P. heelagter, is drie dae later oorlede nadat hy sy nek gebreek het in 'n wedstryd teen Vrystaat.