Johan le Roux
Full names: Johan Heindrich Schroeder
Date of birth: 15 Nov 1961
Place of birth: Vereeniging
School: Jan van Riebeeck
Springbok no: 608
Springbok debut province: Lions
Physical: 1.82m, 113.4kg
Current age: 63
Test summary: Tests: 3 Tries: 0
First Test: 11 Jun 1994 Age 32 - Tight-head Prop against England at Newlands, Cape Town
Last Test: 23 Jul 1994 Age 32 - Tight-head Prop against New Zealand at Athletic Park, Wellington
Test history:
DateAgePositionOpponentVenueResultScoreProvince
11 Jun 1994 32Tight-head Prop England Newlands, Cape Town Win: 27-9  Lions
09 Jul 1994 32Tight-head Prop New Zealand Carisbrook, Dunedin Lose: 14-22  Lions
23 Jul 1994 32Tight-head Prop New Zealand Athletic Park, Wellington Lose: 9-13  Lions

Johan le Roux: SupaRugby

Big Joe le Roux word waarskynlik eerder vir die verkeerde redes onthou, soos die bytvoorval in Nieu-Seeland toe hy aan Sean Fitzpatrick se oor herkou het, en ‘n paar voorvalle wat die koerante se voorblaaie gehaal het.

Wat min mense, en veral vandag se jong mense, weet, is dat Johan le Roux een van die sterkste vaskoppe van sy era was en bykans wêreldwyd agting afgedwing het. Nie net vir sy te vinnige vuiste nie, maar eerder vir sy skrumwerk.

As die seun van ‘n provinsiale voorry, Koos, ‘n legendariese sterkman van die WP en Noord-Transvaal, moes ‘n jong Johan sy man kon staan en hy het hom van meet af met sy pa vergelyk. “My pa was my rolmodel en ek het hom in die gym uitgedaag.

“Ek glo mens kry drie soorte Springbokke,” sê Johan. “Die “greats” het al die talent in die wêreld maar sit die ekstra ure op die oefenveld ook in, die volgende groep is die “naturals” waarvoor alles maklik kom maar nie die harde werk insit nie en dan die derde groep, soos ek, wat deur harde werk Bokke word.”

Le Roux het sy eerste proesel van provinsiale rugby op 23-jarige leeftyd vir Transvaal B gehad maar hy moes vyf jaar lank wag voordat hy die eer gehad het om vir Transvaal te speel. “Dit was raad van die Springbok Pieter Kruger wat my die deurbraak laat maak het. Hy het aan ‘n vriend gesê: ‘Sê vir Le Roux hy moet vir die “moments” speel, nie die hele wedstryd alles uithaal nie.’” “Dit was waarskynlik ten koste van my spanne, maar vir my persoonlik het dit gewerk.”

Daardie Fitzpatrick-voorval het Johan byna wêreldbekend, of dalk berug gemaak, maar ook baie deure vir hom oopgemaak. Wanneer hy selfs nou nog in die sakewêreld as die Oorbyter voorgestel word maak dit gewoonlik deure vir hom oop. Hy was 18-maande lank ná die voorval geskors en sal Dok Luyt ewig dankbaar wees vir sy hulp met regverteenwoordiging agter die skerms. “Niemand weet dat hy al my regskostes betaal het nie en by my bly staan het toe ander lede van die Bokbestuur my versaak nie,” sê Johan. “Die ergste is dat ek nooit die geleentheid gehad om vir hom dankie te sê nie. “Hy het baie invloed gehad. Toe ek na my appélsaak uit Nieu-Seeland teruggevlieg het, het sy swart Mercedes my by die aanloopbaan langs die vliegtuig opgetel. Ek is nooit deur doeane nie.”

Hy het Fitzpatrick jare daarna ná ‘n toets op Kingspark raakgeloop en sy regtervuis teruggetrek om hom reg te sien toe Vic de Klerk sy arm vasgegryp het en toe hy omdraai was Fitzpatrick weg. Maar wat het aanleiding tot daardie sinnelose oomblik gegee? “Fitzpatrick, die beste haker teen wie ek ooit gespeel het, het vir Francois Pienaar vroeg in die toets in die gesig geslaan en was altyd daarop uit om teenstanders te intimideer. “Toe “clean” hy my weg op ‘n losskrum en hou my arms vas, anders het ek hom dalk gedonner. Tot vandag weet ek nie wat het my besiel om hom te byt nie. Dalk moes ek hom eerder met die kop geslaan het.”

Daar was baie ander voorvalle wat sy legende gestalte laat kry het. Daar was die voorval toe Drikus Hattingh hom op Loftus sonder provokasie uitgeslaan het en die dag toe Tom Lawton hom toe ‘n skrum opbreek katswink geslaan het. “Ek was byna vyf minute uit, en toe sê Harry Viljoen ek kan teruggaan as ek wil. Toe ek op die veld kom sê Lappies (Labuschagne) vir my: ‘Moenie worry nie ek het hom uitgesort.’”

“Ek sou vir Harry deur ‘n muur hardloop. Vir Kitch ook, omdat ek bang was vir hom,” sê Big Joe. Hy het ook nie kans op wraak gehad na die Hattingh-voorval nie. Toe hy die Bokslot ‘n jaar later op ‘n lughawe raakloop het Hattingh begin lag en gesê dat hy uitgetree het. Daar was ook ‘n voorval toe hy die Engelse kaptein Martin Johnson in ’94 uitgesit het, maar niemand behalwe Pieter Hendriks het die hou gesien nie.

Johan sal hom egter nie as ‘n “bad boy” klassifiseer nie. Rugby was hard en ongenaakbaar in sy dae. Hy onthou toe hy tydens sy skorsing voor die Wêreldbeker van ’95 ‘n oproep van Kitch Christie gekry het wie hom gevra het wie is die sterkste loskop in Suid-Afrika. “Ek sê toe vir hom daar is net een en dit is Garry Pagel. Ek en Pagel het mekaar in ‘n wedstryd seker drie keer met die vuis bygedam totdat hy vrede verklaar het voor ons mekaar doodslaan.”

Deesdae loop hy eerder weg voordat hy in ‘n geveg betrokke raak. “Nou die dag het ek van Boksburg af terug Bedfordview toe geloop, deur ‘n gevaarlike area of twee. “Drie karre het by my gestop en hulp aangebied, twee keer swart polisiemanne en twee swart sekuriteitswagte. Dit gee my hoop vir hierdie land,” sê Johan.

Hy het nadat hy sy 100e wedstryd vir Transvaal gespeel het, toe hy eers ‘n youngster moes uitsort om terug in die span te kom, lank klubrugby gespeel, onder meer vir Centurion, Edenvale en Alberton, tot hy 49-jaar oud was. Voorblaaie en rugby behoort nou gewis tot die verlede vir die 60-jarige sterkman. Maar moet hom eerder nie verkeerd opwen nie…