Hermanus Potgieter
Full names: Hermanus Lambertus
Date of birth: 11 Jan 1953
Place of birth: Kirkwood
School: Kirkwood
Springbok no: 493
Springbok debut province: Orange Free State
Physical: 1.80m, 84.0kg
Current age: 71
Test summary: Tests: 1 Tries: 1
Only test: 27 Aug 1977 Age 24 - Right Wing against World Invitation at Loftus Versfeld, Pretoria
Tours
Test history:
DateAgePositionOpponentVenueResultScoreProvince
27 Aug 1977 24Right Wing World Invitation Loftus Versfeld, Pretoria Win: 45-241 try OFS

Hermanus Potgieter: Suparugby

Vrystaat of Cheetahrugby word nog altyd vereenselwig met die drieë wat hulle druk, vandaar die bynaam die Wit Tornado. Hul voorste driedrukkers is bykans almal voormalige Springbokvleuels, met Chris Badenhorst die voorste driedrukker (73), gevolg deur Gerrie Germishuys (51) en dan Edrich Krantz op 44. Die een wat egter die grootste trefrekord het en kop en skouers by almal uitstaan met sy drieë per wedstryd is die voormalige Bok Hermanus Potgieter.

Potgieter het meer drieë gedruk as wedstryde gespeel met 31 drieë in net 24 wedstryde. Hy het ook in in 1977 in sy enigste toets teen ‘n Wêreldspan ‘n skitterdrie op Loftus gedruk.

Die volgende op die lys met drieë per wedstryd is Edrich Krantz met 44 drieë in 54 wedstryde, met ‘n trefrekord van 81,48%. Daarna volg Gerhard Mans met 19 in 24 wedstryde en ‘n persentasie van 79,16. Dan volg Danie Gerber met 14 drieë in 18 wedstryde teen 77,77%, Jaco Reinach met 39 in 52 teen 75%, Leon Vogel met 39 in 53 op 73,58% en dan Gerrie Germishuys met 51 in 72 teen 70,83%.