Jackie Snyman
Full names: Jacobus Cornelius Pauw
Date of birth: 14 Apr 1948
Place of birth: Johannesburg
School: Grey College
Springbok no: 466
Springbok debut province: Orange Free State
Physical: 1.77m, 77.1kg
Current age: 78
Test summary: Tests: 3 Tries: 0
First Test: 22 Jun 1974 Age 26 - Outside Centre against Britain at Loftus Versfeld, Pretoria
Last Test: 27 Jul 1974 Age 26 - Flyhalf against Britain at Ellispark, Johannesburg
Tours France 1974
Test history:
DateAgePositionOpponentVenueResultScoreProvince
22 Jun 1974 26Outside Centre Britain Loftus Versfeld, Pretoria Lose: 9-28  OFS
13 Jul 1974 26Flyhalf Britain Boet Erasmus, Port Elizabeth Lose: 9-263 penalties OFS
27 Jul 1974 26Flyhalf Britain Ellispark, Johannesburg Draw: 13-133 penalties OFS

Jackie Snyman tree uit: Quintus van Rooyen

JACKIE SNYMAN, Springbok-losskakel van die Tukkies, is klaar met mededingende rugby. Hy het sy uittrede die naweek aangekondig.

Vir die Tukkies en Noord-Transvaal is dit die tweede groot terugslag die afgelope week. Die senter Christo Wagenaar het ’n beentjie in sy pols gebreek en sal vir sowat twee maande nie kan speel nie.

Snyman het gesê hy wil meer tyd bestee aan sy studies en sy werk as afrigter-organiseerder van die Tukkies.

Die 27-jarige Snyman het in 1974 in drie toetse vir die Springbokke gespeel en was verlede jaar in reserwe vir die toetse teen die Franse.

Hy het voorverlede Saterdag sy laaste rugbywedstryd vir die Tukkies teen Harlequins gespeel en hy het ’n groot aandeel gehad in die studente se belangrike sege.

Sy uittrede en die besering van Wagenaar bring mee dat die Tukkies hul twee mees ervare agterspelers op een slag verloor het.