Le Blond Guillotine!
Dit is die beskrywing wat die Springbokvleuel van die middel 70s die beste pas.
Carel “Tossie” Fourie het in net vier toetse in 1974 en ‘75 teen die Franse gespeel, twee drieë gedruk en was elke keer aan die wenkant.
Hy het die rugbytoneel in 1972 met die Gaselletoer na Argentinië met ‘n groot knal aangekondig.
Sy 22 drieë in net tien wedstryde in die Groentrui is sekerlik steeds een of ander rekord.
‘n Gebreekte been het sy loopbaan egter tot ‘n vroeë einde gebring.
Sy ouer broer Polla, ook ‘n Springbok, was net so ‘n verskrikking op die rugbyveld en sy oudste broer Bill het ook provinsiale rugby gespeel.