CLOETE, Henry Arthur, ("Patats") is in 1873 te Constantia, K.P. gebore en ontvang opleiding aan S.A.C.S. en die Teachers' Training College in die Kaap.
In 1896 in die 4de toets op Saterdag, 5 September op Nuweland, speel hy en nog twee ander W.P.'s (Van Broekhuizen en Paul de Waal) vir S.A. teen Johnny Hammond se besoekende toerspan.
Van die voorspelers wat daardie dag vir ons gespeel het, was hulle die enigste driestuks wat nie S.A. vantevore verteenwoordig het nie.
BRON:
CRAVEN, Danie : Springboks Down the Years.
- Uit Pretoriana: Rugby Springbokke na wie straatname in Danville, Pretoria, vernoem is