Klippies Kritzinger
Full names: Johannes Lodewyk
Date of birth: 1 Mar 1948
Place of birth: Harrismith
School: Harrismith
Springbok no: 477
Springbok debut province: Transvaal
Physical: 1.90m, 114.0kg
Date of death: 18 Feb 2016 (Age 67)
Test summary: Tests: 7 Tries: 1
First Test: 13 Jul 1974 Age 26 - Eighthman against Britain at Boet Erasmus, Port Elizabeth
Last Test: 18 Sep 1976 Age 28 - Flank against New Zealand at Ellispark, Johannesburg
Tours France 1974
Test history:
DateAgePositionOpponentVenueResultScoreProvince
13 Jul 1974 26Eighthman Britain Boet Erasmus, Port Elizabeth Lose: 9-26  Tvl
27 Jul 1974 26Flank Britain Ellispark, Johannesburg Draw: 13-13  Tvl
23 Nov 1974 26Flank France Stade Municipal, Toulouse Win: 13-4  Tvl
30 Nov 1974 26Flank France Parc des Princes, Paris Win: 10-8  Tvl
21 Jun 1975 27Flank France Free State Stadium, Bloemfontein Win: 38-25  OFS
28 Jun 1975 27Flank France Loftus Versfeld, Pretoria Win: 33-18  OFS
18 Sep 1976 28Flank New Zealand Ellispark, Johannesburg Win: 15-141 try OFS

Klippies Kritzinger het in die Vrystaat groot geword, was op Harrismith op skool en het in 1967 vir die Vrystaat Cravenweekrugby gespeel.

Hy het vir Durban Collegians gespeel toe hy vir Natal gespeel het en toe vir die 1972 Gaselle wat Argentinië toe getoer het. Hy het ook vir die Junior Springbokke uitgedraf. Klippies het gedurende sy eersterangse loopbaan vir verskeie Unies uitgedraf: Natal, Transvaal, Vrystaat, Noord-Vrystaat en Wes-Transvaal.

Het in 1974 vir Transvaal uitgedraf toe hy vir Springbokke teen die magtige Britse Leeus gekies is. Hy is as agtsteman gekies in die berugte derde toets in Port Elizabeth met Gerrie Sonnekus op skrumskakel. Toe die Leeus hul 99-kreet roep het hy Gordon Brown uitgeslaan.

Vir die vierde toets op Ellispark is hy flank toe geskuif met Kleintjie Grobler die vierde agtsteman in vier toetse. Daarna is hy vir die toer Frankryk toe gekies en in sewe wedstryde gespeel, insluitend die toetse in Toulouse en Parys, wat die Bokke albei gewen het.

In 1975 het hy die Vrystaat in sy heel eerste wedstryd vir hulle aangevoer. Hy het dié jaar in albei wentoetse in Bloemfontein en Pretoria gespeel. In 1976 het Klippies in die vierde toets teen die All Blacks op Ellispark gespeel wat die Bokke 15-14 gewen het.

Met drie jaar se rugbyisolasie wat gevolg het, was dit sy laaste toets. Johannes Lodewyk Kritzinger het na sy debuuttoets nie weer in ‘n verloortoets gespeel nie.