BARRY, Joe, is in 1880 op Swellendam gebore en in 1969 oorlede. Hy het aan die Diocesan-kollege geleer en was later 'n hotelbestuurder.
Hy het teen die Britte alhier in 1903 in al drie die toetswedstryde gespeel en die laaste toets op Nuweland (op Saterdag, 12 September) waarin hy een van die vleuels was, was sy sesde wedstryd teen die toerspan.
BRON:
(1) CRAVEN, Danie: Springboks Down the Years
(2) Persoonlike mededeling.
- Uit Pretoriana: Rugby Springbokke na wie straatname in Danville, Pretoria, vernoem is