Robert Twigge
Full names: Robert John
Date of birth: 24 Jul 1936
Place of birth: Windsorton
School: Ladybrand
Springbok no: 349
Springbok debut province: Northern Transvaal
Date of death: 1 Jul 2017 (Age 80)
Test summary: Tests: 1 Tries: 0
Only test: 30 Apr 1960 Age 23 - Left Wing against Scotland at Boet Erasmus, Port Elizabeth
Tours
Test history:
DateAgePositionOpponentVenueResultScoreProvince
30 Apr 1960 23Left Wing Scotland Boet Erasmus, Port Elizabeth Win: 18-10  N-Tvl

Ligbloues se gewese Springbokvleuel oorlede: Maroela Media

'n Gewese Springbok-vleuel uit die destydse Noord-Transvaal, Robert Twigge, is op 1 Julie oorlede, laat weet Johanna de Vos.

Twigge se enigste toets was in 1960 toe Skotland geskiedenis gemaak het deur die eerste kort toer op internasionale vlak te onderneem, en Suid-Afrika die toets in Port Elizabeth met 18-10 gewen het.

Hy was die voorste driedrukker toe die Junior Springbokke die vorige jaar deur Argentinië getoer het.

Twigge het in elk van die ses wedstryde waarin hy gespeel het, gaan druk, en sy 14 drieë het twee vierkunste ingesluit. Die een was teen Rosario en die ander in die tweede “toets” teen Argentinië, wat die Junior Bokke met 20-6 gewen het.

Hy het van 1959 tot 1962 nege keer vir Noord-Transvaal gespeel.

Twigge het destyds vir Silverton gespeel, indertyd 'n krag in die Noord-Transvaalse Carltonliga.

Hy is op 24 Julie 1936 gebore, en sou binnekort 81 word.

- Piet Ebersohn