Maandag 22 September 2014
Die Baaise rugby-legende Walter Hambly Parker (80) is die afgelope Vrydag oorlede.
Volgens sy seun Ian is sy pa vermoedelik dood nadat komplikasies ná ’n breuk-operasie ingetree het.
Parker het op 19 Junie 1965 vir die eerste keer vir die Springbokke uitgedraf in die toets teen Australië in Sydney. In totaal het hy 14 wedstryde vir die Bokke gespeel. Hy is in Somerset-Oos gebore en getoë en het later na Port Elizabeth verhuis. Hy laat sy vrou, Rose, en ses kinders agter.
Parker se begrafnisdiens word môre 14:30 in die St. John’s Anglikaanse kerk in Walmer gehou.