DU PLESSIS, Nic J., die Wes-Transvaalse voorspeler was 26 jaar oud toe hy in 1921 aan die springboktoer teen Nieu-Seeland deelgeneem het. In 1924 speel hy nogmaals teen die Britse toerspan hier te lande.
Nic (bygenaamd Kake) is in 1894 op Steynsburg gebore, het aan die Victoriakollege, Stellenbosch gestudeer - is dus deur Oubaas Mark "gesool" - en het onderwys sy beroep gemaak.
'n Broerskind van Nic, naamlik Felix du Plessis, was ook van Steynsburg, K.P. afkomstig was, het Suid-Afrika in 1949 in drie internasionale wedstryde alhier as kaptein aangevoer.
BRONNE:
CRAVEN, D. H.:
(i) Springbok-annale (Rugby) 1889-1964.
(ii) Oubaas Mark.
- Uit Pretoriana: Rugby Springbokke na wie straatname in Danville, Pretoria, vernoem is