DORMEHL, Peter Joseph, is in 1873 te Kaapstad gebore en ontvang onderrig aan die Wynberg hoƫrskool en aan S.A.C.S. Hy was bosboubeampte.
In 1896 het hy as W.P.-speler vir Suid-Afrika op die rugbyveld gespeel teen die Britse toerspan. Hy was 'n nuweling op die derde toets wat die Britte op 29 Augustus op Kimberley met 9-3 gewen het, en speel ook in die laaste toets op 5 September te Nuweland.
BRON:
CRAVEN, Danie: Springboks Down the Years.
- Uit Pretoriana: Rugby Springbokke na wie straatname in Danville, Pretoria, vernoem is