CLARKSON, Walter Arthur, is op 8 Julie 1896 te Durban gebore en ontvang sy opleiding aan die Pietermaritzburg-kollege.
In 1921 verteenwoordig hy S.A. as Natalse agterspeler in die springbokspan na Nieu-Seeland. Hy was toe in sy 25ste jaar. In 1924 is hy weer lid van die springbokspan teen die Britse toerspan alhier.
BRONNE:
(a) CRAVEN, D. H. : Springbok-annale (Rugby) 1889-1964
(b) Byvoegsel, Die Huisgenoot, 17.9.56 : ,,1921 se Springbokke."
- Uit Pretoriana: Rugby Springbokke na wie straatname in Danville, Pretoria, vernoem is