Adri Geldenhuys
Full names: Adrian
Date of birth: 11 Jul 1964
Place of birth: Clanwilliam
School: Eden
Springbok no: 564
Springbok debut province: EP Kings
Physical: 1.98m, 111.6kg
Current age: 62
Test summary: Tests: 4 Tries: 0
First Test: 15 Aug 1992 Age 28 - Lock against New Zealand at Ellispark, Johannesburg
Last Test: 24 Oct 1992 Age 28 - Lock against France at Parc des Princes, Paris
Test history:
DateAgePositionOpponentVenueResultScoreProvince
15 Aug 1992 28Lock New Zealand Ellispark, Johannesburg Lose: 24-27  EP
22 Aug 1992 28Lock Australia Newlands, Cape Town Lose: 3-26  EP
17 Oct 1992 28Lock France Stade de Gerland, Lyon Win: 20-15  EP
24 Oct 1992 28Lock France Parc des Princes, Paris Lose: 16-29  EP

Adri Geldenhuys: Suparugby

Dit is meer as 30 jaar gelede, maar ek hoor nog die knal toe Adri Geldenhuys die Franse slot Abdelatiff Benazzi in 1992 droomland toe gestuur het.

Geldenhuys was destyds een van die harde manne van SA Rugby.

Ek was daardie dag in Lyon in die persbank agter ‘n dik glasvenster, maar selfs dit kon die knal nie demp nie.

Ek self het nie die linker gesien nie en Benazzi moes die veld met ‘n draagbaar verlaat,

Vuilgat? Nie Adri Geldenhuys nie! Ek wil dit nie goedpraat nie, maar dit was destyds deel van die spel.

Adri het sy rugby by Pretoria Polisie en die Blou Bul se ongenaakbare rugbyfabriek begin speel.

Die tweede voorval wat my bybly het nooit ‘n voorval opgelewer nie.

Wits Universiteit moes in ‘n promosie-relegasiestryd teen Vaal Reefs, wat ‘n reputasie gehad het, speel.

Geldenhuys, toe al verby sy uittrede het die dag vir Wits uitgedraf.

En toe is die Reefs-manne so mak so lammetjies en die wedstryd verloop sonder enige insident.